Hi. I'm Samantha.

I write about not getting stuck with your academic assignments.

Trusted Academic Service
ut transfer essaycompare and contrast essay on the seafarer and the wanderershort essay examplessamuel cohen 50 essays table of contentsessay courage kill mockingbirdanalects essay topicsgraphic organizers for writing five paragraph essaybest american essays 2009 mary olivergilgamesh eternal life essayessay writing for kids in hindiessay on wisdom teethgood college admission essay titles

Joseph beuys essay



Die omvang van die waardering vir Ingrid Winterbach as romanskrywer in die Afrikaanse literêre wêreld spreek duidelik uit die talle bekronings wat sy al vir haar werk ontvang het. Die gereelde verskyning van Engelse vertalings van haar romans is ook besig om lesers elders in die wêreld van haar werk te laat kennis neem. Is dit moontlik dat ’n skrywer wat reeds 60 oorgesteek het, die letterkunde waarbinne sy haar werk lewer ’n nuwe koers kan laat inslaan? Met Vlakwater (2015) bewys Winterbach dat sy steeds ’n trilling deur die huis van die Afrikaanse literatuur kan stuur sonder om haar van oordramatiese literêre truuks of bombastiese tegnieke te bedien.

Vlakwater kan beskou word as ’n besinning oor die krag en geldigheid van vaste verwysingsraamwerke, van die bloudruk oftewel die “moer matrys” waarvan Breyten Breytenbach in sy bundel (‘YK’) van 1983 skryf. Reeds in die parateks van Vlakwater verkry die leser ’n oriëntasie omtrent die avontuurlike eksperiment wat Winterbach in haar roman onderneem. As deel van die parateks plaas die titel van die roman nadruk op dit wat die oppervlak, die vlakheid van die vlakwater in teenstelling tot diepte en dieptepeilings beklemtoon. Verder bevat die omslagillustrasie ’n afbeelding van drie manlike figure, onder wie Vincenzo Anastagi (na ’n bekende portret deur El Greco), ’n Japannese samoerai en ’n foto van die Duitse kunstenaar Joseph Beuys. Dit is veral die afbeelding van Vincenzo Anastagi wat in die roman weerklink, deurdat die enigmatiese karakter Viktor Schoeman hom by geleentheid as Vincenzo Anastagi voorstel: “Hy leun met uitgestrekte hand oor die tafeltjie na my: Vincenzo Anastagi, sê hy, maar noem my sommer Vince” (150). Die verteller gee ná hierdie woorde haar indrukke van Viktor Schoeman soos volg weer: “Iets aan hom herinner my aan Joseph Beuys. Dieselfde hol wange, hoë wangbene, benerige neus, befokte blik. Hy’t sy hoed afgehaal en sy hare is kortgeskeer op sy kop, bandietagtig” (150).

Vincenzo Anastagi. olie op doek, 188 x 127 cm Frick-versameling, New York (erkenning: http://www.wgaframes-e.html?/html/g/greco_el/03/0305grec.html)

In ’n onderhoud met Louise Viljoen tydens die Woordfees op 11 Maart 2016 het Winterbach aangedui dat die twee visuele beelde van mans in oorlogsmondering, dit wil sê die samoerai en die soldaat Vincenzo Anastagi, die eerste ingewings was wat by haar opgekom het toe sy haar roman begin skryf het. Die volgende stap was om die hoofkarakters te verbeel. Een van die hierdie hoofkarakters is Niek Steyn, ’n kunstenaar wat in Kaapstad woon en tydelik kuns studeer by ’n privaat kunsskool, waar hy meestal studente uit welvarende families, soos die aantreklike jong Karlien Meyer, onderrig. In Kaapstad word Marthinus Scheepers met sy boerdery teen die hange van Seinheuwel (wat herinner aan dieselfde soort ruimte wat in Winterbach se vorige roman, Die aanspraak van
lewende wesens
van 2012, voorkom) vir Niek ’n gids deur die kompleksiteite wat die eietydse bestaan in Kaapstad kenmerk. Marthinus stel Niek byvoorbeeld bekend aan Tarquin Molteno, wat naby Tamboerskloof in ’n informele nedersetting woon en sy vinger op die pols van die Kaapse onderwêreld het. Niek hoop dat Tarquin vir hom duidelikheid kan gee oor die lot van sy huurder, die fotografiestudent Charelle Koopman, wat eendag spoorloos verdwyn.

Die verhaal van Niek Steyn word aangevul deur ’n tweede vertelling, deur ’n Stellenbosse navorser, ’n vrou met ’n haaslip wat enduit naamloos bly, en werk aan ’n monografie oor die Suid-Afrikaansgebore Olivier-broers wat in die internasionale kunswêreld bekendheid verwerf het vir hul video-installasies. Hierdie verteller ontmoet nooit vir Niek of Marthinus nie, maar haar paaie kruis met ’n skrywer uit hul verlede, naamlik Viktor Schoeman. In die roman oorweeg die karakters Marthinus Scheepers en Niek Steyn die moontlikheid dat Viktor Schoeman se distopiese roman Vlakwater as ’n bloudruk kan dien vir die gebeure wat hulle om hulle waarneem.

Is dit dus moontlik dat die werklikheid fiksie kan naboots? In hoeverre is dit moontlik om Vlakwater as ’n dieptestruktuur te raadpleeg in pogings om groter begrip van die gebeure in die werklikheid te verkry? Is daar byvoorbeeld ’n verband tussen Viktor Schoeman se terugkeer na Suid-Afrika en die moord op die Stellenbosse kunstenaar Buks Verhoef? Dit is hierdie vrae wat die leser prikkel om die roman te lees, al vermoed die ervare Winterbach-leser van meet af aan dat die verhaal geen klinkklare antwoorde sal oplewer nie – van die leser word meestal verwag om self na te dink oor die moontlike implikasies van die verhaalgebeure en om saam met die karakters te peins oor die verwikkeling van die insidente in die roman met mekaar. Die leser volg byvoorbeeld Marthinus se sterk vermoede dat Viktor Schoeman se Vlakwater as ’n verklaringsraamwerk dien vir die onstuimige hede wat dan plek maak vir groter twyfel aan sy eie teorie:

“O Here,” sê Marthinus, “Vlakwater. Daardie kompendium van verskrikkinge. Nee hoor, die klem val daarin op ander dinge, groter verdorwenhede” [. ]

“Maar toe was alles vir my duideliker. Die ontsnapte gevangenes uit die psigiatriese inrigting. Die marauding bands. Dit was alles so reg uit Vlakwater. Die man hier in jou kombuis ook. Wat hy gesê het, het so presies ooreengekom met daardie een toneel in Vlakwater. Ek kon my kop op ’n blok sit. Selfs aan die begin met Buks Verhoef. Maar nou begin ek dink die moord op Verhoef is te voor die hand liggend. Dit pas nie by Viktor se manier van doen nie.” (235–6).

Ingrid Winterbach stel die postmodernistiese vraagstuk na die geldigheid van ʼn metaverhaal ter diskussie in ʼn literêre gebaar wat enigsins herinner aan die ondersoek na die geldigheid van toeval of kontingensie enersyds en, andersyds, standhoudende verwysingsraamwerke in haar belangrike roman Die boek van toeval en toeverlaat (2006). Die moontlike futiliteit van Niek en veral Marthinus se pogings om die verwikkelinge wat hulle sukkel om te verstaan as ʼn vervulling van die fiksionele gebeure in Viktor Schoeman se Vlakwater te interpreteer, skuil reeds in die woord “vlakwater” wat modernistiese dieptestrukture reeds afwys en die postmodernistiese oppervlak eerder beklemtoon. Ook die lesers van Winterbach se Vlakwater wat verlei mag word tot diepsinnige bespiegelings oor die betekenis van die titel ontvang ʼn speelse waarskuwing van die skrywer wanneer terloops beskryf word hoe die naamlose vroulike verteller van een van die twee verhaallyne die vlakwater van ʼn swembad inwaad tydens ʼn swemoefening vir die man wat sy verpleeg het.

Die vraag is egter of Winterbach se roman werklik meedoënloos afreken met dieptestrukture as geldige interpretasieraamwerke van die hede. Het metaverhale alle geldigheidsaansprake verloor in die tyd waarin ons leef? Die blote feit dat die karakters steeds behoefte het aan raamwerke wat vir hulle ʼn greep op die lewe kan bied, is reeds ʼn aanduiding dat die tyd van versplintering waarin hulle lewe, weliswaar diepteverklarings ondermyn, maar dat hulle desondanks steeds hunker na die toeverlaat van diepteverklarings. Die projeksies, denkbeelde en kunsskeppings wat die karakters tot stand bring, is eweneens getuienis van raamwerkskepping in ʼn worsteling met die ondeursigtige aktualiteit waarvoor hulle te staan kom.

Tydens ’n besoek aan die stadsplaas, ene Jurgen Wesseker se utopiese eksperiment om ’n sinvolle bestaan vir randfigure in die samelewing te skep, wend Marthinus hom tot die sienswyses van sy vriend Menasse in sy pogings om die toekomsmoontlikhede van die plaas te peil. Menasse glo onder meer aan die krag van die Kabbala, die Joodse mistiek en emanasies wat aan Feng Sjui herinner. Marthinus druk sy kommer oor die utopiese plaasprojek soos volg uit:

“Ek kan dit aanvoel,” sê Marthinus, “’n geweldige krag wat dreig om alles te ontspoor, vlak onder die grond. Dit voel asof alles wat hier ordelik en onder beheer is, baie prekêr op die oppervlak balanseer. Ek reken Menasse sal báie sensitief wees vir die vibrasies en uitstralings hier. Emanations, soos hy dit noem. Hy sal vir seker presies weet uit watter sfeer onraad en erger te wagte kan wees.”

Die ordelikheid op die oppervlak dreig dus om deur dieper destruktiewe kragte ontwrig te word.

Hierdie vasstelling van Marthinus hou waarskynlik verband met die aangrensende informele nedersetting, die tuiste van Tarquin Molteno, wat die orde op die plaas as ’n kwesbare hawe ontbloot wat maklik deur sosiale wanorde verswelg kan word. In sy gedagtes ironiseer Niek Marthinus se naïewe geloof in Menasse se vermoëns: “Niek kan hom dit net voorstel: Menasse wat die emanations hier optel soos ’n waterwyser water met ’n stokkie aandui. En as hy dan vasgestel het waar die dreigende kragte onder die oppervlak skuil – wat doen hulle dan om hulleself daarteen te beveilig?” (288)

In ander gevalle is dit opvallend dat, soos ook in Winterbach se vorige roman, Die aanspraak van lewende wesens. die karakters diere oorweeg as draers of versigbarings van dieperliggende boodskappe of selfs vooruitwysings na die toekoms. Die koivisse wat na die naamlose verteller aangeswem kom tydens ʼn besoek aan professor Olivier, die vader van die Olivier-broers, word vir die verteller moontlike draers van “ʼn verhulde boodskap” van die professor, moontlik ʼn verwysing na hulle nogal gewelddadige seksuele kontak (126) 30 jaar vantevore (80). Aan die Weskus word ʼn rob en dooie krewe vir ʼn oomblik beskou as heenwysers na dreigende onheil (255). Die sywurms wat die vroulike verteller onverwags in haar sorg moet neem (155–6), asook die swart hond wat by haar opdaag (141–2), word ook oorweeg as wesens wat moontlik ʼn dieper betekenis besit. Tydens die ontdekking van een van Marthinus se varke in sy tuin moet Niek van sy huurder Charelle Koopman verneem dat sy varke met “bad luck” assosieer en dat sy daarom weier om hulle te fotografeer (10). Die verskyning van die vark aan die begin van die roman besit dus potensieel die moontlikheid om ongeluk aan te kondig, soos byvoorbeeld die latere seksuele aanranding van Charelle en die ander gewelddadige voorvalle wat ook Niek se lewe toenemend ontwrig.

Charelle se verwysing na onheil in die tweede hoofstuk kontrasteer duidelik met die openingswoorde van die roman in die voorafgaande hoofstuk:

“Die tyd daar was heilig. So sien ek dit terugskouend. (Is heilig ʼn woord wat algemeen in my woordeskat voorkom? Nee.) Wat ook al daarvoor of daarna gebeur het, daardie tyd was heilig. Heilig! Ek sal dit nooit vergeet nie. Dis op my hart gegraveer.” (7)

Die eerste twee hoofstukke kondig dus ʼn gerigtheid op die relevansie van metafisiese vraagstukke in die roman aan, spesifiek heiligheid en onheil as twee teenpole van ʼn religieuse referensiekader. In die verdere uitwerking van hierdie spanning in die roman word Niek se student, Karlien Meyer, die slagoffer van ʼn verkenning van die diaboliese wanneer sy, moontlik ter wille van haar kunsprojek, ernstig beseer word tydens ʼn satanistiese ritueel (166). Menasse waag ʼn metafisiese verklaring van die insident, maar Niek bly deurgaans skepties oor konsepte soos die “siel” en die verbeeldingskrag van sy student wat hy beskou as ʼn rykmanskind sonder veel talent.

Die alomteenwoordigheid van geweld bied egter ʼn uitdaging aan ʼn karakter soos Niek wat, anders as Marthinus, geneig is om metafisiese dieptestrukture en konsepte soos “die Goeie” skepties te bejeën as verklarings vir die stormagtige tye waarin hulle leef. Niek wend hom eerder tot die maak van kuns. Hy skep dan ook afbeeldings van geweldstonele in ʼn poging om tot groter begrip oor die bloedvergieting wat hy rondom hom waarneem, te kan kom. Tog moet die soms siniese Niek toegee dat geweld ʼn uitdagende toetssteen is vir enigiemand wat dieperliggende oorsake met skeptisisme bejeën. Sosiologiese of teologiese verklaringsraamwerke wat ʼn sluitende interpretasie bied van die geweld in die samelewing is dringend nodig, maar die kompleksiteit van die werklikheid lei telkens tot ʼn ondermyning van hierdie raamwerke. Vlakwater demonstreer dat daar ʼn etiese appèl op die denkende mens is om met die moord, doodslag en geweld erns te maak. Die ongemak wat die roman registreer, is die gebrekkigheid van bestaande verklaringsnetwerke te midde van die noodsaak wat bestaan om met brandpunte om te gaan sonder die luukse van postmodernistiese relativisme.

Met Vlakwater sluit Ingrid Winterbach aan by die metamodernisme wat die noodsaak vir ʼn uitkoms uit die doolhof van die postmodernisme aanvoel en daarna streef om met ʼn hernude naïwiteit en optimisme vorentoe te beweeg, maar getemper word deur die afwesigheid van ʼn duidelike horison en geskikte diskoerse om ʼn nuwe opregtheid sonder meer te omarm. In die nawerking van die aanval op die New Yorkse Twin Towers op 11 September 2001 is daar volgens Timotheus Vermeulen en Robin van den Akker (2010 en 2014) ʼn nuwe gevoelstruktuur aanvoelbaar wat hulle metamodernisme noem. Soos in die modernisme is daar weer ʼn behoefte aan ʼn naïewe entoesiasme, maar die sinisme van die postmodernisme bly steeds die remskoen. Hulle sluit aan by die postmoderne denker Jean-François Lyotard wat die postmodernis beskou as die kaptein van ʼn skip wat vrolik tussen eilande rondreis sonder om ooit aan land te gaan. Sedert die aanval in New York worstel die metamodernis met die besef dat die skip egter besig is om te sink en dat jy gedwing word om ʼn besluit te neem om êrens aan land te gaan, al weet jy dat nie een van die eilande beter as die ander is nie (Vermeulen en Van den Akker, 2014).

Vermeulen en Van den Akker (2010:5) vat die gevoelstruktuur van die metamodernisme soos volg saam: “Metamodernism moves for the sake of moving, attempts in spite of its inevitable failure; it seeks forever for a truth that it never expects to find.”

Dit is hierdie sensibiliteit wat Winterbach in Vlakwater so goed vasvang met die deeglike omgang met die verbysterend hoë vlakke van geweld in die eietydse Suid-Afrika. Met haar roman skryf sy dus voort binne die tradisie van die betrokke literatuur in Afrikaans, maar soos geen ander Afrikaanse skrywer tot dusver nie, slaag sy daarin om die dilemma van die metamodernisme vas te vat. Vlakwater kan bes moontlik die begin van ʼn nuwe tendens in die Afrikaanse literatuur inlui. Die roman is egter geensins ’n skoolvoorbeeld van nog ʼn Afrikaanse boek wat nougeset Europese of Amerikaanse tendense probeer naboots nie. Die metamodernistiese problematiek in Vlakwater word ingegee deur plaaslike aktualiteite en kry beslag op Winterbach se unieke genuanseerde manier in verbysterende geskakeerde taalgebruik. Die groter internasionale konteks word uiteindelik wel betrek met verwysing na die geskiedenis van die visuele kuns wat oor eeue heen ook die konsekwensies van geweld verreken het.

Die subtiliteit wat Vlakwater as literêre kunswerk kenmerk, mag jammer genoeg inhou dat te min lesers behoorlik van die belangrike ondersoek in die roman kennis neem. Die fyn akkoorde het meer gereeld ook ʼn skelklinkende simbaal nodig. Maar hou my dop: ek is die bleeksiel wat tussen verkrummelde plaveiselstene en opgegaarde vullis straataf stap met Vlakwater styf teen my onrustige hart vasgedruk.

Breytenbach, Breyten. 1983. (‘YK’). Emmarentia (Johannesburg): Taurus.

Vermeulen, Timotheus en Robin van den Akker. 2010. Notes on Metamodernism. Journal of Aesthetics and Culture. 2:1–14. Aanlyn beskikbaar by http://www.aestheticsandcultureindexjac/article/view/5677/6304 .

Winterbach, Ingrid. 2006. Die boek van toeval en toeverlaat. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2012. Die aanspraak van lewende wesens. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2015. Vlakwater. Kaapstad: Human & Rousseau.

Contact me if you need assistance with your assignment.

Fields marked with * have to be filled.